Wat bring ek saam?
- Klere - jou gewone gemaklike klere. Daar is aktiwiteite waar jy gaan vuil word
- Swemklere en handoek - Daar's 'n HUGE swembad op die terrein. Kan jy sê bellyflop!?
- Slaapgoed - jou duvet/slaapsak/wolkobersie en 'n kussing\sagte klip.
- Bybel, pen en papier - ons speel darem nie die heeltyd nie...
- Jouself, en hope energie!
Waar?- Afskopkampers kom die 3de Januarie om 16:00 by die Optomhok (Ingang 2) van die Aucklandpark Kingsway Kampus van die Universiteit van Johannesburg bymekaar.
- Ons kamp by die Actherberg kampterrein net buite Krugersdorp.
Wanneer? Van: 03 Januarie 2010, 16:00 by die Optomhek (Sien Waar) Tot: 07 Januarie 2010, 12:00 weer by die Optomhek Kostes?Slegs R450 per persoon, wat verblyf, kos, vervoer en 'n T-Hemp insluit! R200 deposito met inskrywing. Hier is die kaart na Achterberg
|